Daar bestaan nie ‘n eenvoudige definisie om wolgehalte te betaal nie, Aldus Robert Scott, wol- en opleidingsbestuurder by BKB. Hy beskryf dit soos volg: “Om ‘n hoë gehalte eindproduk te verseker, moet die eienskappe geneties of deur die omgewing bepaal word.”
Die begrip “wolgehalte” moet reg verstaan word. “Is dit wol wat in die afgelope seisoen vir R100 en meer per kilogram verkoop is (goeie gehalte), of is dit wol waarvoor ‘n groot aanvraag in die markplek is?”

Genetiese- en omgewingsfaktore
Robert stem saam met kenners dat teling ‘n langtermyn-doelwit is, hetsy bouvorm, wol of die ideale balans tussen die twee. Daar is ‘n hoë korrelasiefaktor tussen sekere woleienskappe, maar navorss het ook bewys dat woleienskappe wat die gehalte van wol bepaal oorerflik is. In die lig van genetiese invloed op teling is daar groot rasverskille ten opsigte van skoonopbrengs, veseldikte en stapellengte. Hy benadruk dit dat woleienskappe hoogs oorerflik is en dat met mediumtermyn-seleksie goeie vordering gemaak kan word.
Ooreflike eienskappe
Ooreflike eienskappe sluit onder meer die volgende in: Vetwol- of skoonwolgewig, die getal follikels, S/P- follikelverhouding, veseldikte, stapellengte en kartelverhouding tussen 0,3 en 0,6.
Met verwysing na die grad van oorerflikheid, word dit in drie klasse verdeel:
Daar bestaan nie ‘n eenvoudige definisie om wolgehalte te betaal nie, Aldus Robert Scott, wol- en opleidingsbestuurder by BKB. Hy beskryf dit soos volg: “Om ‘n hoë gehalte eindproduk te verseker, moet die eienskappe geneties of deur die omgewing bepaal word.”
Die begrip “wolgehalte” moet reg verstaan word. “Is dit wol wat in die afgelope seisoen vir R100 en meer per kilogram verkoop is (goeie gehalte), of is dit wol waarvoor ‘n groot aanvraag in die markplek is?”
Die omgewing, bv. voeding, speel ‘n groot rol in wolgehalte, maar genetiese seleksie (vordering) is permanent. Hier noem Robert as voorbeeld genetiese seleksie in die braaikuikenbedryf. “ ‘n Paar jaar gelede was 5kg voer nodig om 1kg vleis te produseer. Tans word minder as 2kg voer benodig om 1kg vleis te produseer.” Teelverbetering is kumulatief van aard. “Die verbeteringstempo is normaalweg binne 1% tot 2% per jaar. Hoewel dit min klink teenoor die skouspelagtige verhogings wat met voiding vekry kan word, hoef dit nie jaar na jaar herhaal te word nie. Elke bietjie genetiese vordering word by die vorige keer gevoeg, en is semipermanent van aard.”
Tabel1 is ‘n voorbeeld van ‘n produsent wat deur die seleksie van ramme, asook die klassering van sy ooie, goeie vordering gemaak het. Die persoon presteer ook uitstekend in kudde-evaluerings ten opsigte van bouvorm-eienskappe. Die rol van teling en wolgehalte is dus nnodskklik om ‘n wolskeersel se inkomste te verhoog en ‘n hoë gehalte eindproduk te verseker. Volgens ROvert is die wese hiervan ‘n persoon se belangstelling in die genetiese vordering van sy kudde, asook ‘n algemene hoër vlak van bestuur.
Leon du Plessis, skaap- en woladviseur by BKB, sê die korrekte identifisering van ramme vir ‘n boer se kudde is van onskatbare waarde.